Pat Stamatélos Pastoor

Hy weet wat dit is, hierdie stapel getikte velle papier in ’n laai weggesteek. Hy het ’n bladsy of tien gelees. Hier en daar. Genoeg. Dit is sy vrou se gesprek met die sielkundige, dit weet hy. Party van die goed herken hy. Maar. As hy sy oë toemaak, sien hy die siedende waters van ’n donker rivier. Sy vrou in die onverbiddelike werwelings van ’n duistere geweld. Nou weet hy daardie donkerte het ’n naam. Die naam is Pastoor. Pat Stamatélos vertel op ’n skreiend aangrypende wyse die ware verhaal van ’n vrou wat as jong kind in die hande van ’n pedofiel beland het, ’n vrou wie se siel die onuitwisbare vatmerke dra van ’n kerkleier se jeugberading en pastorale sorg. Pastoor is ’n doodsekure studie van ’n verwonde psige, en ’n onverskrokke oopvlekking van ’n kanker aan die hart van ons samelewing.
/ / похожие
ПодробнееPat Stamatélos Kroes

Pattie Peters is vir die eerste keer in haar jong lewe smoorverlief. Op ‘n mooi – en ‘n goeie – man. Sy naam is Laki Pappasani en hy wil graag met haar trou. En sy met hom. Maar wat sal haar anties sê? En wat van haar pa en al die ander mense? Want Laki is dan ‘n wit man. En sy? Sy’s eintlik ‘n coloured girl van die Strand …
/ / похожие
ПодробнееPat Stamatélos Die val van die dice

Enkele maande ná Laki Pappasani se dood, trou Pattie Peters met sy broer. Hy lyk dan op ‘n naat na Laki, en is so besorg oor haar dat sy nie anders kan as om aangetrokke tot hom te voel nie. Maar soos die dice val, is Laki se broer nie van dieselfde stoffasie nie. Negentien jaar en vier kinders later, besluit Pattie vir die soveelste maal sy moet uit, weg uit hierdie huwelik wat haar tot in haar wese vernietig, maar waarnatoe? Dié opvolg van Kroes lig die gordyn op so ‘n donker, tragiese lewe, dit laat die leser sprakeloos. Dit is ‘n meevoerende roman, wat Stamatélos vestig as een van dié vertellers in Afrikaans.
/ / похожие
ПодробнееPat Stamatélos Vier begrafnisse en 'n troue

Dulcie-Anne Douglas is ’n miljoenêr – op skrif. Twee jaar gelede toe haar man oorlede is in ’n treinongeluk, het sy in ’n japtrap vir haar en die kinders ’n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke. Maar Gumaville se inwoners wil háár eenvoudig nie los nie. ‘n Tong-in-die-kies roman deur die skrywer van KROES en DIE VAL VAN DIE DICE. Stamatélos skeer die gek met wit, met bruin, met swart. ’n Eg satiriese roman wat ’n mens uit jou maag laat skater, grinnik en kop skud oor die aardigheid van menseverhoudings in ons geliefde land.
/ / похожие
Подробнее