HAROD.RU

Hilda Lategan Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes


Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en eetgewoontes word deur die siekte geraak. Hierdie kookboek sal jou help om jou diabetes en insulienweerstandigheid onder beheer te kry en bevat meer as 100 smaaklike en gesonde resepte, resepte met maklik verkrygbare, bekostigbare bestanddele, belangrike inligting oor tipe 1- en tipe 2-diabetes, swangerskap-diabetes, ingekorte glukosetoleransie en die glukemiese indeks (GI), ’n voedingstofanalise by elke resep, wenke vir spyskaartbeplanning en inkopielyste en pragtige foto’s van die geregte. Hilda Lategan het die beste resepte uit haar twee topverkoper-boeke in die 'Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid' -reeks gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Die resepte is watertandlekker en strek van ontbyt, sop, styselgeregte, ligte en hoofmaaltye tot gebak en iets vir jou suikertand.

1189.78 RUR

/ / похожие

Подробнее

Hilda Lategan SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit


Met voedselallergieë en -onverdraagsaamheid wat aan die toeneem is, is ‘Die Suid-Afrikaanse kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit’ ’n noodsaaklike gids. Nie alleen verskaf hierdie boek kundige inligting en wenke nie, maar dit bevat ook meer as 200 resepte vir elke maaltyd van die dag, insluitend tussenin-happies en soetgoed. Die beproefde resepte is oor die jare nog verder verbeter en aangepas vir Suid-Afrikaners se spesifieke eetgewoontes. Die bestanddele is geredelik beskikbaar en bekostigbaar, en elke resep bevat ’n voedingstofanalise en voorstelle en variasies sodat jy dit kan aanpas volgens jou eie behoeftes. Met resepte vir vullende ontbyte, insluitend pap en smoothies, heilsame soppe, ideaal vir werk of skool,heerlike proteïengeregte, met ou gunstelinge soos hoenderschnitzel en bobotie, styselkos wat die energievlakke ’n hupstoot gee, geurige souse, smere en vulsels, smaaklike gebak – van koeke, muffins en beskuit tot terte en koekies, tuisgemaakte lekkers en nageregte.

1264.15 RUR

/ / похожие

Подробнее

Группа авторов Landbouweekblad: Hart tot hart


"Een ding staan egter vir my vas en dis die wete dat God aan die begin staan. Hierop wil ek my lewe bou." Landbouweekblad is 'n eg Suid-Afrikaanse instelling en is in 2019 100 jaar oud. Vir die afgelope 49 jaar skryf Ds. Kobus van der Westhuyzen al sy gewilde rubriek in gewone taal vir gewone mense. Hy het self die 366 dagstukkies in dié boek uitgekies om ons te help om ons lewe op God te bou en ons nader aan God se hart te bring.

966.7 RUR

/ / похожие

Подробнее

Christine le Roux Skynglans van geluk


Skynglans van geluk is die verhaal van Elise, ’n jong Suid-Afrikaanse skrywer wat al geruime tyd in Amerika bly en dan inwillig om in ’n regisseursvriend se nuwe film te speel. Sy is egter onthuts toe sy ontdek dat die manlike hoofrol gespeel sal word deur ’n bekende filmster vir wie sy nie veel ooghare het nie.

371.81 RUR

/ / похожие

Подробнее

Fransjohan Pretorius Geskiedenis van Suid-Afrika


Wie was die eerste mense van Suid-Afrika? En wie het daarna gekom? Hoe het die interaksie tussen Afrikaners, die Britse regering en swart mense die land help vorm? Waar staan ons vandag as 'n nasie? In hierdie boek span gerekende Suid-Afrikaanse historici saam om hierdie en ander vrae oor ons verlede te beantwoord. Onder leiding van die bekende prof. Fransjohan Pretorius gaan hulle terug na die oorsprong van die aarde en beweeg daarna deur die kernmomente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Daar is hoofstukke oor onder meer die Nederlandse era aan die Kaap, die minerale revolusie, die Anglo-Boereoorlog, Afrikanernasionalisme, die apartheidstaat, swart politieke verset en Suid-Afrika na 1994. Die skrywers bied 'n gebalanseerde blik op waar ons vandaan kom en gee onder meer ook erkenning aan Afrikaners se rol in die land se ontwikkeling.

1710.31 RUR

/ / похожие

Подробнее

François Bloemhof Vir die voëls


Sampie en Irma de Klerk was die wenners van Huisgenoot se liefdesverhaalkompetisie, ter viering van dié tydskrif se honderdste bestaansjaar. Hul verhaal, ’n eg Suid-Afrikaanse een wat vertel hoe hulle in die jare sewentig talle struikelblokke te bowe moes kom voordat hul (onwaarskynlike) liefde kon seëvier, was ook die inspirasie vir hierdie heerlike roman. Dit is ’n verhaal propvol humor, deernis en, ja, romanse. Die gelyknamige HG100-eeufeesfliek word aan die einde van 2016 vrygestel.

892.34 RUR

/ / похожие

Подробнее

André P. Brink Gerugte van reën


Gerugte van reën is met sy verskyning in 1978 maande lank deur die apartheidsregering onder embargo geplaas. Vir baie bly dit steeds een van André P. Brink se grootste romans. In ’n land geteister deur droogte bly reën net ’n gerug – maar as dit die slag kom, dan word dit ’n vloedwater wat alles met apokaliptiese geweld wegspoel. Hierdie sentrale beeld word weerkaats in al die fasette van Brink se voorstelling van Suid-Afrika op die rand van ’n afgrond. In die sentrum staan Martin Mynhardt, ryk Afrikaanse nyweraar, wat ’n naweek op sy ou familieplaas gaan deurbring om oor die verkoop daarvan te besin. ’n Oënskynlik eenvoudige besluit word vir hom byna onhanteerbaar namate sy ganse lewe in die engte van daardie een naweek saamgetrek word. Met ’n netwerk van kruisverwysings word die vier dae van die roman voorgestel in terme van ’n viervoudige verlies, naamlik sy beste vriend (’n leidende Afrikaanse advokaat pas veroordeel as terroris), sy pa wie se historiese sintuig vir Martin onbegryplik bly, sy seun wat ná die Angolese oorlog “moeilik” geword het, en sy minnares wat hom voor ’n onmoontlike keuse stel. In hierdie dramatiese proses, gekenmerk deur temas soos menslike verantwoordelikheid, historiese verbondenheid, onskuld en identiteit, word ’n hele panorama van die Suid-Afrikaanse lewe belig en ’n breë spektrum karakters bygebring in die ondersoek van die netelige vraag: “Wat is ’n Afrikaner?” Ten slotte bly Martin alleen oor, gestroop van alles wat vir hom belangrik was en verdoem deur sy onvermoë om lief te hê – hetsy vader of moeder of land, eggenote, broer of seun, vriende of ander vroue. In Suid-Afrika is die Engelse uitgawe van Gerugte van reën bekroon met die CNA-prys en in Brittanje is dit tweede geplaas deur die beoordelaars van die Bookerprys. Dit is in verskeie tale vertaal.

1264.15 RUR

/ / похожие

Подробнее

Chris Karsten Abel se ontwaking


Abel Lotz bewerk die velle van diertjies om te verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in Johannesburg verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag soek Abel ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Joernale. En ’n nuwe gesig.

1264.15 RUR

/ / похожие

Подробнее

François Smuts Die Suid-Afrikaanse reg


'n Toeganklike en maklik leesbare gids wat verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse regstelsel werk, met inligting en raad vir kwessies waarmee almal die een of ander tyd te make kry:
Gesinsake, van trou tot skei en testamente
Geldsake, soos huiskoop, huur en skuld
Sonde met die bure
Werkskwessies, van jou baas tot jou eie onderneming
Kontrakte, en die slaggate om te vermy
Wat om te maak as die ongeluk jou tref
Hofprosedures
Die boek verduidelik nie net dié en vele ander regsbeginsels in toeganklike taal nie, dit is ook vol praktiese raad, sê waar jy om hulp kan aanklop en hoe om jou regskoste laag te hou. Dit stel jou in staat om kop te hou in moeilike situasies.

1635.95 RUR

/ / похожие

Подробнее

Frans Cronje 'n Tydreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030


Hoe gaan Suid-Afrika in 2030 lyk? En hoe gaan die volgende vyftien jaar ontvou? Die afgelope paar jaar het Suid-Afrika dramatiese veranderinge ondergaan: Politieke spanning het verhoog, die ekonomie het in die hek geduik en al meer Suid-Afrikaners wend hulle uit frustrasie straat toe. Wat beteken dit vir die land se toekoms? Gaan die vonk in die kruitvat vlamvat? In dié boek ontleed die bekende scenariobeplanner Frans Cronje die jongste tendense en skets vier splinternuwe scenario's vir die land se toekoms. Is Suid-Afrika op pad om 'n meer sosialistiese staat te word waar die regering op individue se grond en rykdom beslag lê? Of gaan die status quo seëvier en die gaping tussen ryk en arm vergroot terwyl misdaad die hoogte inskiet? Gaan ons demokratiese regte en vryhede toenemend verminder? Of gaan 'n reënboog onverwags sy verskyning maak? Cronje se nuwe scenario's is 'n nugter kompas vir Suid-Afrika se hoogs onvoorspelbare toekoms.

1115.42 RUR

/ / похожие

Подробнее

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes eBook von Hilda ...

Lesen Sie „Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes“ von Hilda Lategan erhältlich bei Rakuten Kobo. Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes 1st auflage ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes 1st Auflage von Hilda Lategan und Verleger Tafelberg. Sparen Sie bis zu 80% durch die Auswahl der eTextbook-Option für ISBN: 9780624071846, 0624071847. Die Druckversion dieses Lehrbuchs hat ISBN: 9780624071839, 0624071839.

Hilda Lategan: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

Hilda Lategan: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2 - Sprache: Afrikaans. (eBook epub) - bei eBook.de

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes by Hilda Lategan

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes book. Read reviews from world’s largest community for readers.

Buy Hilda Lategan Books Online | Raru

Suid-Afrikaanse Kookboek vir Diabetes - Hilda Lategan (Paperback) Out of Stock. Price. R . 231 RRP R 300 (-23%) Wish List. Quick View. SA Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan (Paperback) Dispatched in 6 to 10 working days. Price. R . 257 RRP R 335 (-23%) Add to Cart. Wish List. Quick View. South African Cookbook for Allergies and Food Intolerance - Hilda Lategan ...

Suid-Afrikaanse Kookboek vir Diabetes - Hilda Lategan ...

Hilda Lategan het die beste resepte uit die twee topverkoper Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid boeke gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Product Details. Barcode. 9780624071839. Department Books Released 23 Sep 2015 Content Source South African Supply Source South Africa. Book. Author Hilda Lategan Binding Paperback Publisher ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir allergieë en ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit [Hilda Lategan] Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om plaasvervangers te vind vir voedselsoorte. Hierdie resepteboek is ontwikkel om gebruik te word vir 'n verskeidenheid allergiese toestande, met bestanddele en plaasvervangers wat bekend, bekostigbaar ...

Hilda Lategan, Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

В электронной библиотеке ЛитРес можно читать онлайн бесплатно Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes от Hilda Lategan! Оставляйте и читайте отзывы о книге на ЛитРес!

Hilda Lategan · OverDrive: ebooks, audiobooks, and videos ...

Hilda Lategan is a South African registered dietitian, with a well-established private practice in Pretoria. She obtained a BSc degree in Dietetics at the University of Pretoria and a post-graduate diploma in Hospital Dietetics at the University o...

Balanced lifestyle through sensible eating

Balanced lifestyle through sensible eating Hilda Lategan is a South African registered dietitian. She has been in various disciplines in the field of dietetics since 1975. As a hospital dietitian she has gained valuable experience in therapeutic nutrition, food service management and recipe development.

Hilda Lategan: SA kookboek vir allergieë en ...

Hilda Lategan: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Sprache: Afrikaans. (eBook epub) - bei eBook.de

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes by Hilda Lategan ...

Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en eetgewoontes word deur die siekte geraak. Hierdie kookboek sal jou help om jou diabetes en insulienweerstandigheid onder beheer te kry en bevat meer as 100 smaaklike...

Read or Listen to Hilda Lategan Books and Audiobooks

Hilda Lategan is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse dieetkundige met ’n gevestigde private praktyk in Pretoria. Sy het die graad B.Sc. Dieetkunde aan die Universiteit van Pretoria b... view more Hilda Lategan is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse dieetkundige met ’n gevestigde private praktyk in Pretoria. Sy het die graad B.Sc. Dieetkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, waarna ...

Hilda Lategan Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

Hilda Lategan het die beste resepte uit haar twee topverkoper-boeke in die ‘Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid’ -reeks gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Die resepte is watertandlekker en strek van ontbyt, sop, styselgeregte, ligte en hoofmaaltye tot gebak en iets vir jou suikertand.

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2 1st Auflage von Hilda Lategan und Verleger Tafelberg. Sparen Sie bis zu 80% durch die Auswahl der eTextbook-Option für ISBN: 9780624058564, 0624058565. Die Druckversion dieses Lehrbuchs hat ISBN: 9780624048152, 0624048152.

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes eBook by Hilda ...

Read "Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes" by Hilda Lategan available from Rakuten Kobo. Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

eBook Shop: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2 von Hilda Lategan als Download. Jetzt eBook herunterladen & mit Ihrem Tablet oder eBook Reader lesen.

Hilda Lategan | Book Depository

Discover Book Depository's huge selection of Hilda Lategan books online. Free delivery worldwide on over 20 million titles.

Hilda Lategan — read the author’s books online | Bookmate

Read the best books by Hilda Lategan and check out reviews of books and quotes from the works Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes, Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid…

bol.com | Hilda Lategan artikelen kopen? Alle artikelen online

Op zoek naar artikelen van Hilda Lategan? Artikelen van Hilda Lategan koop je eenvoudig online bij bol.com Snel in huis Veelal gratis verzonden

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2 (Afrikaans Edition) eBook: Lategan, Hilda: Amazon.de: Kindle-Shop Wählen Sie Ihre Cookie-Einstellungen Wir verwenden Cookies und ähnliche Tools, um Ihr Einkaufserlebnis zu verbessern, um unsere Dienste anzubieten, um zu verstehen, wie die Kunden unsere Dienste nutzen, damit wir Verbesserungen vornehmen können, und um Werbung ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes - Read book online

Hilda Lategan het die beste resepte uit haar twee topverkoper-boeke in die 'Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid' -reeks gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Die resepte is watertandlekker en strek van ontbyt, sop, styselgeregte, ligte en hoofmaaltye tot gebak en iets vir jou suikertand.

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes (Afrikaans Edition ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes (Afrikaans Edition) eBook: Hilda Lategan: Amazon.de: Kindle-Shop

Hilda Lategan | LibraryThing

Hilda Lategan, author of South African Cookbook for Food Allergies and Food Intolerance, on LibraryThing

SUID-AFRIKAANSE KOOKBOEK VIR DIABETES | Varsgedruk

Hilda Lategan het die beste resepte uit die twee topverkoper Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid boeke gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. R 272.37 . Aflewering Ingesluit. Gesluit. Klik Om Terug Te Gaan ...

Tafelberg: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

eBook Shop: Tafelberg: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2 von Hilda Lategan als Download. Jetzt eBook herunterladen & mit Ihrem Tablet oder eBook Reader lesen.

Hilda Lategan | LibraryThing

Hilda Lategan, auteur van South African Cookbook for Food Allergies and Food Intolerance, in LibraryThing

Hilda Lategan (Author of South African Cookbook for Diabetes)

Hilda Lategan is the author of South African Cookbook for Diabetes (4.00 avg rating, 1 rating, 0 reviews), South African Cookbook for Diabetes & Insulin ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes av Hilda Lategan (E-bok)

Pris: 139 kr. E-bok, 2015. Laddas ned direkt. Köp Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes av Hilda Lategan på Bokus.com.

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2 (Afrikaans Edition) - Kindle edition by Lategan, Hilda. Download it once and read it on your Kindle device, PC, phones or tablets. Use features like bookmarks, note taking and highlighting while reading Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2 (Afrikaans Edition).

Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Diabetes – eShop @ BM

Hilda Lategan het die beste resepte uit die twee topverkoper Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid boeke gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Diabetes quantity. KOOP. SKU: 9780624071839 Categories: Kookboeke, Promosie. Description; Description. FORMAAT: Boek. AANTAL BLADSYE: 256. BESKRYWING: Hilda Lategan het ...

Hilda Lategan SA kookboek vir allergieë en ...

Hilda Lategan SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit . Support. Adobe DRM. Met voedselallergieë en -onverdraagsaamheid wat aan die toeneem is, is ‘Die Suid-Afrikaanse kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit’ ’n noodsaaklike gids. Nie alleen verskaf hierdie boek kundige inligting en wenke nie, maar dit bevat ook meer as 200 resepte vir elke maaltyd van die dag ...

Hilda Lategan - Read his/her books online

Hilda Lategan. Hilda Lategan is a South African registered dietitian, with a well-established private practice in Pretoria. She obtained a BSc degree in Dietetics at the University of Pretoria and a post-graduate diploma in Hospital Dietetics at the University of the Free State. Since 1975 she has worked in various fields of the profession, including as a hospital dietitian where she gained ...

Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Diabetes (Afrikaans ...

Hilda Lategan het die beste resepte uit die twee topverkoper Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid boeke gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet.

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes - Read book online

Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en eetgewoontes word deur die siekte geraak. Hierdie kookboek sal jou help om jo...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes (Afrikaans Edition ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes (Afrikaans Edition) eBook: Lategan, Hilda: Amazon.nl: Kindle Store Selecteer uw cookievoorkeuren We gebruiken cookies en vergelijkbare tools om uw winkelervaring te verbeteren, onze services aan te bieden, te begrijpen hoe klanten onze services gebruiken zodat we verbeteringen kunnen aanbrengen, en om advertenties weer te geven.

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

Die Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes 2 bied meer as 100 getoetste resepte, en is jou sleutel tot vinnige, maklike en voedsame maaltye, doeltreffende bloedsuikerbeheer, en ’n gesonde dieet terw...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes ...

Pris: 109 kr. E-bok, 2010. Laddas ned direkt. Köp Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2 av Hilda Lategan på Bokus.com.

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes (Afrikaans Edition ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes (Afrikaans Edition) eBook: Lategan, Hilda: Amazon.in: Kindle Store

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes (Afrikaans Edition ...

Lee ahora en digital con la aplicación gratuita Kindle. Selecciona Tus Preferencias de Cookies. Utilizamos cookies y herramientas similares para mejorar tu experiencia de compra, prestar nuestros servicios, entender cómo los utilizas para poder mejorarlos, y para mostrarte anuncios.

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes (Afrikaans Edition ...

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes (Afrikaans Edition) eBook: Lategan, Hilda: Amazon.com.mx: Tienda Kindle

Chris Karsten 'n Man van min belang


Naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012)
Op ’n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman. Mosman is direkteur van ’n obskure intelligensieafdeling, bemoeid met die identifikasie van die oorskot van dié wat verdwyn het tydens die geweldadige doodsnikke van apartheid, en die opsporing van hul moordenaars. ’n Naam in ’n sprokiesboek lei hul na Luca Thom, mariene bioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom, en na die jaar toe Luca sy pa verloor het.
Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. Seisoen van sonde was ook op die kortlys vir die M-Net Filmtoekenning. In 2011 wen Chris beide die ATKV-Prosaprys en die ATKV-Prys vir Spanningslektuur vir Abel se ontwaking. Hy is ’n ervare oudkoerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van twee kinderboeke (Floris sapiens en Die jokkie wat met perde kon praat), sowel as Human & Rousseau se Ware misdaad-reeks. ’n Man van min belang is die naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012). Hy woon deesdae in Kanada, omdat sy vrou ná veertig jaar in Suid-Afrika ook ’n tyd in haar geboorteland wou gaan bly.

1041.06 RUR

/ / похожие

Подробнее

Jan-Jan Joubert Gaan Suid-Afrika oukei wees?


In Suid-Afrika, so word gesê, gebeur die beste en die slegste nooit. Maar hoe weet ons die land gaan nie dié keer oor die afgrond tuimel nie? Suid-Afrikaners wat keelvol is vir korrupsie – maar lief vir die land – het byna 'n dekade lank hoopvol daarna uitgesien dat Jacob Zuma uit die kussings gelig word. Nou is Cyril Ramaphosa aan die stuur, maar steeds lyk die toekoms onseker. Sedert Ramaphosa die Uniegebou betrek het, het die werkloosheidskoers die hoogte ingeskiet. Die ekonomie groei nie. Met Eskom wat net-net die ligte kan aanhou, populisme wat wyd kop uitsteek en die beoogde nasionale gesondheidsversekering, soek al meer Suid-Afrikaners hul heil in die buiteland. Daar is ongetwyfeld groot uitdagings en Suid-Afrikaners is met reg bekommerd oor die toekoms. Gaan ons dié keer oor die afgrond stort, of is daar hoop? Gaan ons oukei wees? Die gesoute politieke joernalis JAN-JAN JOUBERT kyk na die brandende kwessies wat ons lot kan bepaal. Gaan Suid-Afrika oukei wees? is noodsaaklike leesstof vir elke Suid-Afrikaner wat ingelig wil wees en omgee oor die land se toekoms.

1487.23 RUR

/ / похожие

Подробнее

Gabi Steenkamp Beste van Eet vir Volgehoue Energie


Die topverkoper-reeks Eet vir Volgehoue Energie het derduisende Suid-Afrikaanse gesinne die afgelope dekade gehelp om gesonder – en lekkerder – te eet. Die GI-slim manier van eet verseker jou nie net heeldag van energie nie, maar hou ook talle gesondheidsvoordele in en kan jou help om gewig te verloor, jou bloeddruk te verlaag, jou cholestrol te verlaag, tot laatmiddag nog op en wakker te voel, beter te presteer op die sportveld, hiperinsulinemie en insulienweerstand te verminder, en beter te konsentreer. Die skrywers het die beste resepte uit die reeks uitgekies vir hierdie boek. Dit sluit lae-GI-weergawes in van die gewilde geregte soos lamsbrijani, ontbytmuffins en selfs kaaskoek – wat bewys dat heilsame kos ook smulkos kan wees.

1264.15 RUR

/ / похожие

Подробнее

Topsy Smith Trompie die reisiger (#21)


Trompie beland in groot moeilikheid as hy ’n nuwe mikstok vir sy kettie wil maak en ’n saag uit sy pa se verbode werkskamer gaan gaps. Maar dan skryf hy in vir ’n kompetisie van ’n koejawelfabriek wat ’n “tipiese Suid-Afrikaanse seun” soek. Die prys vir die wenner en ’n maat van sy keuse, is ’n reis in ’n vliegtuig na Kaapstad én Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: sal Trompie ooit as die wenner gekies word, en ás hy wen, watter een van sy maats moet hy kies om saam te neem op hierdie wonderlike reis?

520.53 RUR

/ / похожие

Подробнее

Linda Friedland Omvattende Gids vir Gesinsgesondheid


Die Omvattende gids vir gesinsgesondheid is 'n gebruikersvriendelike naslaangids vir Suid-Afrikaners: hoe om siektes te voorkom, die algemeenste siektes, kindergesondheid en kindersiektes, mans se gesondheidsprobleme, vroue se gesondheidsprobleme, simptome en behandelingsopsies, noodhulp en trauma. Maak seker jy het hierdie uitstekende naslaanbron altyd byderhand, sodat jy in belang van jou familie se gesondheid die beste besluite kan maak.

1561.59 RUR

/ / похожие

Подробнее

Malene Breytenbach Dokter sonder grense


Joernalis Clare Rutland wil haar enigste broer, dokter Nick Rutland, in Sierra Leone gaan soek waar hy vir die humanitêre organisasie Dokters sonder Grense werk. Sierra Leone is in ’n bloedige burgeroorlog gewikkel en Clare het ‘n jaar laas van Nick gehoor. Clare weet dat Nick se enigmatiese vriend, die Franse dokter Louis du Plessis, wat hom oortuig het om by Dokters sonder Grense aan te sluit, ook in Sierra Leone is. Heimilik wil sy ook vir Louis gaan soek – ten spyte, of eerder as gevolg van hulle geskiedenis. Daarom dat sy vir Spies Lategan, geharde voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte, kry om haar te help om die dokters te probeer kontak. Maar Spies is’n ladies man en moeilik om mee saam te werk. Te midde van die chaos en gruwels van oorlog, en die gevaar waarin sy dikwels verkeer, moet Clare boonop deur emosionele storms worstel.

371.81 RUR

/ / похожие

Подробнее

Susanna M. Lingua Blom van Venesië


Blom van Venesië: Graaf Marco de Castellano – eiegeregtig, dominerend, baasspelerig. Terri Massyn – tenger, blonde Suid-Afrikaanse vuurvreter, sielsgelukkig in haar oorpak op ’n perd se rug of op ’n trekker aan’t ploeg. Wie gaan vir wie tem op die Italiaanse eiland Santa Teresa? En wanneer die feeks van ’n Genina haar waarsku dat Terri, nes Carla en sy self, ’n speelbal in die hande van die donker graaf met sy broeiende sjarme kan word . . . wie en wat moet sy glo?

371.81 RUR

/ / похожие

Подробнее

Группа авторов 'n Konstante revolusie


Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne een eeu gegroei het tot 'n globale mededinger met rekordaandelepryse – en dit boonop op die gebied van tegnologie. Dié versameling essays, geskryf deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawêreld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent. Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.

1189.78 RUR

/ / похожие

Подробнее

André P. Brink Lobola vir die lewe


Lobola vir die lewe is die werk waarmee André P. Brink in 1962 sy eerste enorme bydrae gelewer het tot “die vernuwing van Sestig”. Hierdie e-boekuitgawe bied die eerste e-boekvorm van dié belangrike roman in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Met Lobola vir die lewe was daar meteens ’n Afrikaanse roman wat in vorm en inhoud iets nuuts gedurf het – ’n roman wat krities staan teenoor die eie en die verlede, eksistensiële temas ondersoek, op verskillende vlakke beweeg, méér van die leser verg. Dit is ’n aanduiding van die roman se trefkrag dat hy vandag nog steeds modern aandoen, die leser nog steeds beetpak op ’n manier wat min latere romans dit kan doen. Lobola vir die lewe vertel die verhaal van François Raubenheimer, ’n buitestanderfiguur wat as jong man uitvind dat hy ’n aangenome kind is. So begin ’n soeke na identiteit wat hom onder meer na Europa neem. Terug in Suid-Afrika maak hy in Kaapstad kennis met die oudsoldaat Hendrik Karel Serfontein en knoop ’n verhouding aan met Marie Groenewald, met noodlottige gevolge.

1189.78 RUR

/ / похожие

Подробнее

Barend Vos Uit die beek 2018


Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

669.25 RUR

/ / похожие

Подробнее
harod.ru — Каталог цен и описаний на компьютерную и бытовую технику, товары для офис и дома, электронику, товаров для сада и дачи. Мы занимаемся поиском лучших цен в интернет магазинах по всей России, знаем где купить Hilda Lategan Suid Afrikaanse kookboek vir по оптимальной цене в онлайн-магазинах. На нашем сайте harod.ru предоставлена вся необходимая информация для правильной покупки Hilda Lategan Suid Afrikaanse kookboek vir — фотографии товаров, отзывы пользователей, поиск по модели и производителю, наименованию или модели, инструкции по эксплуатации, а так же экспертные обзоры, сайты предлагающие покупу онлайн с доставкой заказа в ваш город.